Buster keer terug na Kempton met ‘n nuwe vierpootmaatjie

BUSTER is terug in Kemptonpark en dié keer het hy ‘n spesiale vierpootmaatjie bygekry. Ontmoet vir Bella, Buster se aangenome sussie, soos hulle die land met splinternuwe liedjies en stories toer. Die vertoning word aangebied deur nog ‘n nuwe vindingryke en energieke karakter, Tannie Terapeut, wat saam Buster en Bella wonderlike ontdekkings maak. Die vertoning…

BUSTER is terug in Kemptonpark en dié keer het hy ‘n spesiale vierpootmaatjie bygekry.

Ontmoet vir Bella, Buster se aangenome sussie, soos hulle die land met splinternuwe liedjies en stories toer.

Die vertoning word aangebied deur nog ‘n nuwe vindingryke en energieke karakter, Tannie Terapeut, wat saam Buster en Bella wonderlike ontdekkings maak.

Die vertoning is ongeveer 45 minute lank met ‘n fotosessie saam Buster en Bella na die tyd.

Die vertoning is op 16 September om 10vm by die NG Gemeente Kempton-Kruin. Kaartjies is beskikbaar via WhatsApp by 082 868 3056 of 082 743 8329.

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Buster is terug met ‘n nuwe maat