KYK: Nuwe kleuterskool open by die Impies

Waldo, David en Zane is sommer al groot maats. Hulle vekies dit om bo-op die klimraam te wees, eerder as in die klaskamer.

Sowat 60 kleuters het hul nuwe skool, Laerskool Impala Kultuur Kleuterskool, vir die eerste keer aangedurf.

Hier, reg oorkant die ‘groot-skool’, sal die woelige maatjies meer leer oor musiek, kuns en die Voortrekkers. Dit is natuurlik net as hulle wil, sê skoolhoof Augusta Gouws.

“Kinders hoef nie aan kultuur deel te neem nie, maar ons sal ’n omgewing skep waar hulle die geleentheid kry.”

Die kinders, almal tussen drie en vier jaar oud, is in drie klasse verdeel.

Die skool spog met drie onderwysers, twee student-onderwysers, twee staf-lede en een sekretaresse.

Pippi Langkous Leané (3) is meer as gelukkig om Maandag kleuterkool toe te gaan.

Die skool se opening is amptelik Maandagoggend gevier met koek, koffie en tee. Terwyl mammas en pappas die lekkernye geniet het, het hul kinders op die klimrame baljaar. Slegs een seuntjie het gehuil, maar gou weer geglimlag toe hy sy juffrou sien.

Die trotse skoolhoof se droom vir haar leerders is ’n blink toekoms.

“Mag hulle hulself elke dag gate uit geniet en sommer baie slim word.”

  AUTHOR
Paula-Ann Smit
Journalist

Latest News

Top
Recommended Story x
Annebel swem soos vis in die water

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Bedfordview Edenvale News
Kempton Express


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Bedfordview Edenvale News
Kempton Express

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: