KYK: Bejaarde inwoner se vingers is steeds groen na 44 jaar

Jan Bosch (85) is trots op die tamaties wat hy self gekweek het. Saam met hom is sy vrou Adri (79) wat met liefde die tamaties inlê.

Tuinentoesiaste hoef nie verder as die groentetuin van ’n inwoner van Lenitas-aftreeoord vir inspirasie te kyk nie. Hier groei die 85-jarige Jan Bosch tamaai tamaties wat die supermark s’n rooi van skaamte sal laat bloos. Sy geheim?

Klaarblyklik, jare se ervaring, liefde en baie geduld.

Bosch is op 19 Julie 1932 in die plattelandse dorpie Adelaide in die Oos-Kaap gebore. Hier, as die oudste van 12 kinders, is die wortels vir sy stokperdjie geplant, aangesien hy gereeld na die tuin moes omsien.

In 1973 het Bosch, ’n Spoorwegman, na Kemptonpark verhuis na ‘n bevordering. Vandag woon dié groenduim al 44 jaar saam met sy vrou Adri (79) hier.

“Hierdie Januarie sal ons 61 jaar getroud wees,” sê ’n trotse Jan. Saam spog hulle met ses kinders, 13 kleinkinders en 13 agterkleinkinders.

So lyk die tamaties wat Jan Bosch met baie liefde en aandag kweek.

Tog het Jan nie net oë vir die ma, ouma en oumagrootjie van sy familie nie. Die tuin, sê hy, is sy tweede vrou.

“As ek ’n kansie kry dan is ek in die tuin,” lag hy. “Ek is baie lief vir haar.”

Volgens hom is hierdie liefde die geheim tot sy pragtamaties. Jan was jare gelede ook in Kempton Express weens die yslike wortels in sy groentetuin. Hy was nie van plan om weer groente te plant nie. Dít was maar net per toeval.

“My buurman het gevra, ‘Jan, wil jy ’n tamatieplantjie hê?’. Toe sê ek: “Ja, ou maat, gee maar.”

Na baie liefde en aandag het Jan die vrugte van sy harde tuinwerk gepluk. En hoe gemaak met die yslike tamaties?

Jan Bosch en sy tuin is nie vreemdelinge vir die koerant nie. So het Kempton Express jare gelede oor die groot wortels in sy tuin berig.

Alles word deur Adri ingelê en gebottel. Die Bosche, wat ywerige reisigers is, neem dit dan saam met vakansie na Mosselbaai.

“Ons ry ons eie tamaties saam, want ons weet dat dit uit ons eie tuin kom en dat dit baie lekker is,” sê Jan.

Sy raad vir enige ywerige groenvingers is om ’n liefde vir jou tuin te hê.

“Mense moet hul grond goed bewerk, goeie kompos gee en die grond deeglik omspit. Gee werklik aandag aan jou tuin.”

En wat doen hy wanneer hy nie in die tuin doenig is nie? Volgens sy vrou is hy meer daar as wat hy in sy huis is.

  AUTHOR
Paula-Ann Smit
Journalist

Latest News

Top
Recommended Story x
WATCH: Locals’ paradise in Garden and Home

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Bedfordview Edenvale News
Kempton Express


Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Bedfordview Edenvale News
Kempton Express

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: