Kempton se Alpha-wiskunde-leerders onder 20 bestes in land

DIE top presteerders in Alpha-wiskunde in Kempton Park. Voor: Bardeen Walters (85%), Ilse Wepener (92%), Petra Coetzer (94%), Danielle de Wet (94%) en Cordia Horne (83%). Agter: Lieze-Mari van Tonder (88%), Tiaan Haussamer (88%), Xander Terblanche (90%), Philip Haussamer (90%), Dihan Keun (90%) en Charné Killian (80%). Afwesig: Janie du Preez (88%).

TYDENS die afgelope November-eksamen het twee leerders van Kempton Park in die top 20 in Suid-Afrika in Alpha-wiskunde geëindig.

Danielle de Wet en Petra Coetzer, albei van Hoërskool Jeugland, het albei 94 persent behaal.

Vier ander leerders het ook 90 persent en meer behaal. Hulle is Ilse Wepener van Hoërskool Jeugland met 92 persent en Xander Terblanche, Philip Haussamer en Dihan Keun van Hoërskool Kempton Park met 90 persent elk.

Die ander presteerders was Tiaan Haussamer en Lieze-Mari van Tonder van Hoërskool Kempton Park met 88 persent, Janie du Preez (tuisonderrig) met 88 persent, Bardeen Walters van Hoërskool Jeugland met 85 persent en Cordia Horne en Charné Killian van Hoërskool Kempton Park met onderskeidelik 83 en 80 persent.

Alpha-wiskunde (voorheen addisionele wiskunde) is ’n buite-kurrikulêre vak wat aan leerders met ’n besondere belangstelling in wiskunde aangebied word. Alpha-wiskunde wil die sprong tussen skool- en universiteitswiskunde verklein.

Leerders wat beoog om in studierigtings soos aktuariële en handelsrigtings, ingenieurswese, toegepaste wiskunde, rekenaarwetenskap en meer te studeer,word deeglik vir verdere studie voorberei.

  AUTHOR
Kempton Express

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Melodious celebration of the 100th birthday of Oliver Tambo

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Bedfordview Edenvale News
Kempton Express


Your details:


Your friends: