Jeugland se revuegroep maak skoonskip

DR David Morris (skoolhoof) saam met die revue-personeel en leerders met die trofeë wat hulle by die kykNET-Lefra Revue ontvang het. Die groep het ook ’n tjek van R10 000 van Spur, asook twee ander tjeks van kykNET ter waarde van R10 000 elk, gekry.

JEUGLAND se revuegroep is as die algehele wenner van die Lefra-revuekompetisie aangewys wat volgende jaar op televisie uitgesaai sal word.

Die groep het in die eerste rondte hul tema “Life” met keurige sang en dansbewegings bekendgestel. Die beoordelaars was in ekstase en het die groep 95 persent gegee waarmee hulle die rondte gewen het.

Die ouers van die revue-kinders het die groep met baniere en vlae ondersteun en in die semi-finale het hulle weer eens met 95 persent gewen.

Op 18 Oktober was dit tyd vir die finaal. Die deelnemers het met oorgawe, energie en entoesiasme opgetree en die hoërskoolafdeling met 96.9 persent gewen.

Die kersie op die koek was egter toe Jeugland ook as die algehele wenner aangewys is.

Verder het Jeugland ook die Kaleidoscope-revuekompetisie in die Staatsteater op 8 September, asook dié van Kemptonpark Kunswedstryd, gewen.

  AUTHOR
Kempton Express

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Should we or shouldn’t we start using the bins, resident asks