Kerk vier 30 jaar met Manie Jackson

MANIE Jackson tree op 16 September by Hoërskool Kempton Park op.

DIE AP-kerk Kempton Park vier sy 30ste verjaarsdag op 16 September met die optrede van Manie Jackson.

Die konsert vind plaas om 3.30nm vir 4nm by Hoërskool Kempton Park.

Kaartjies kos R100 vir volwassenes, R60 vir kinders bo 12 en kinders onder 12 is gratis.

Daar sal vanaf 12nm pannekoek, vetkoek, warmbrakke, “corn dogs”, tuisgebak, koeldrank, snoepgoed en koffie te koop wees.

Vir kaartjies, skakel Marietjie Snyman by 082 879 7645. Kaartjies sal ook by die deur beskikbaar wees.

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Recycling firm goes up in flames