Moderne Rutverhaal by kerk opgevoer

DIE musiekblyspel, Kwikstertjie vir Naomi, word van 13-17 September by die NG-kerk Bonaeropark opgevoer.

Dit is ‘n moderne Rutverhaal wat jou sal bemoedig en aanspoor om jou eie lewensreis aan te pak.

Die vertonings begin om 7nm by die kerk in Malpensaweg 32. Kaartjies kos R60 en kinders onder een is gratis.

Kaartjies is by die kerkkantoor of na afloop van die erediens beskikbaar. Skakel Vina by 011 973 4916.

Daar is ‘n snoepie en ligte etes voor die vertoning in die saal beskikbaar.

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Gewilde Sonja kom by kerk kuier