Herfsland sê dankie vir almal

VAN die besoekers aan Herfsland se jaarlikse kermis by een van die talle stalletjies.

JOANNIE LOUW van Herfsland skryf:

Herfsland het ’n baie suksesvolle kermis op 26 Augustus gehad. Graag wil ons die volgende bedank:

• Almal wat deelgeneem het aan die kersfees in die winter-projek wat Louwrens Gildenhuys en sy span jaarliks ten bate van Herfsland aanbied.

• Almal wat deelgeneem het aan die gholfdag wat Faan Fourie ten bate van Herfsland op 11 Augustus aangebied het.

• Almal wat bygedra het tot die muntlegging van Laerskool Impala ten bate van Herfsland.

Hierdie drie projekte dra grootliks by tot die inkomste van die kermis.

Wat die kermisdag betref, wil ons die volgende bedank:

• Al die gemeentes wat op die dag by kosstalletjies betrokke was en wat vooraf donasies bygedra het.

• Al die personeel van Herfsland wat die pilare vorm waarop die kermis rus.

• Almal wat by stalletjies gewerk het met die kermis en bydraes gelewer het.

• Almal wat ons ondersteun het tydens die kermis.

Die kermis is die grootste fondsinsamelingsprojek van Herfsland en vind reeds sedert 1986 op die laaste Saterdag van Augustus plaas. Die fondse word aangewend om inwoners, wat nie hul eenheidskoste kan bekostig nie, te subsidieer.

Ons het groot waardering vir almal wat ons ondersteun om die minderbevoorregte inwoners te versorg.

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
After this noise, prepare for the mother of all parties