R500 boete vir laat lisensie

DEBBIE GREYLING skryf:

Graag wil ek verneem hoekom ons nie pos kry in verband met die hernuwing van ons lisensies nie?

Ons boot staan in die motorhuis en mens kyk nie elke dag na die lisensieskyfie nie.

Toe ek onlangs my lisensie uithaal, sê hulle ek is agterstallig op die boot – R500 boete of hulle verwyder dit van die pad.

Nou wil ek weet, hoe kry hulle daardie bedrag sonder posaflewering of ‘n kennisgewing vanaf die munisipaliteit? Dis absurd.

Iewers is daar ‘n groot kommunikasieprobleem. Ek is gefrustreerd. Val jy in die ry by die munisipaliteit word jy heen en weer gestuur. Dis uiters pateties.

Ek is ‘n epilepsielyer en moet daar staan vir ure. Kom jy voor, sê hulle jammer, ons gaan op ete. Kan hier asseblief iets aan gedoen word?

Hulle kan nie eers ordentlik kommunikeer nie. Dis ‘n gemompel, kry ‘n kaartjie en wys amper met vyf vingers, staan daar. Waar de hoenders is daar?

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Three Festival Mall stores burgled