Buster is terug met ‘n nuwe maat

BESPREEK nou jou kaartjies vir Buster en Bella se vertoning op 16 September.

BUSTER is terug in Kempton Park en dié keer het hy ’n spesiale vierpootmaatjie bygekry.

Ontmoet vir Bella, Buster se aangenome sussie, soos hulle deur die land met splinternuwe liedjies en stories toer.

Die vertoning word deur nog ’n nuwe vindingryke en energieke karakter, Tannie Terapeut, wat saam Buster en Bella wonderlike ontdekkings maak, aangebied.

Die vertoning is ongeveer 45 minute lank met ’n fotosessie saam Buster en Bella na die tyd.

Buster se stem word gesing deur Hendri Myburgh (Groot FM) en Bella deur Lianie May.

Buster en Bella ontdek dat elke kind op ’n unieke manier “slim” is. Hulle leer ook dat God ons nooit los nie en as ons Sy hand vat, dit ’n onbreekbare band vorm.

In ’n wêreld waarin dit altyd gaan oor die sterkste, slimste en vinnigste sal elke kind kan identifiseer dat almal uniek is en verskillende gawes en talente het. Hierdie boodskap kan konflikhantering verbeter en emosionele intelligensie verhoog. Kinders gaan met dié Buster-vertoning ’n pragtige boodskap geniet wat goedheid, waarheid en eenvoud versinnebeeld.

Die vertoning is op 16 September om 10vm by die NG Gemeente Kempton-Kruin. Kaartjies is beskikbaar via WhatsApp by 082 868 3056 of 082 743 8329.

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Man (53) survives ‘impossible accident’ opposite Emperors