Skoolkore wen by eerste plaaslike Cantare-kompetisie

LAERSKOOL Impala se graad R Stralejakker-koor. Die koor bestaan uit ongeveer 30 lede en word deur Madelein Botha, saam met die begeleier Freda Retief, gelei.

KEMPTON Park Eisteddfod het onlangs sy eerste Cantare-koorkompetisie aangebied en 22 kore het meegeding.

Die wenners in die onderskeie afdelings was:

Pre-primêre kore – Stralejakkers verbonde aan Laerskool Impala. Hulle ontvang prysgeld van R500.

Laerskool junior kore: Laerskool Van Riebeeckpark.

Laerskool senior kore: Laerskool Van Riebeeckpark.

Hoërskoolkore: Maranatha Christian High School.

Dié wenkore het elkeen ‘n tjek van R1 000 ontvang.

LINDA de Witt van Kempton Park Eisteddfod oorhandig die wennerstjek aan Gert Pottas, dirigent van Maranatha Christian High School.

  AUTHOR
Kempton Express

Latest News

Top
Next Story x
Birch Acres Primary School teacher is Miss Africa finalist