Vroue brei flink vir die koue dae

LEDE van Glenruspark se handvlytgroep spog met die truie wat hulle gebrei het. Voor: Cheryl Crichton, Lulu Pieterse, Hester van der Merwe, Annatjie Snyman en Marietjie Pain. Agter: Rina Erasmus, Marie Deetliefs, Charmaine Roets, Carol Purves en Miems Hattingh.

RINA Erasmus het lede van Glenruspark se handvlytgroep geïnspireer om deel te hê aan haar jaarlikse omgeeprojek.

Sy brei elke winter soveel kindertruie vir minderbevoorregte kinders as wat sy kan. Vroue van die groep het flink ingespring en vir haar truie begin brei.

Van die ander inwoners het later saamgebrei en net betyds vir die skielike koue weer was 27 truie gereed vir aflewering aan Manger Care Centre in Pomona.

Almal koop nou wol vir volgende winter se aflewering en ruil ywerig patrone uit.

Die Glenruspark handvlytgroep vergader elke tweede Woensdagmiddag en is betrokke by verskeie omgeeprojekte. Hulle het verlede winter ‘twiddle muffs’ vir Alzheimer-pasiënte gebrei, asook wolmussies vir babas wat kardiale sjirurgie ondergaan het.

  AUTHOR
Kempton Express

Latest News

Top
Next Story x
Stressed South African consumers make sacrifices to stay on course