Jeugies gekies vir SA span 2017

DRIE van Hoërskool Jeugland se graad agt-leerlinge het gedurende die Aprilskoolvakansie aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir die Uitvoerende Kunste by Nasrec deelgeneem. Bianca Atlam (middel) het goud in drama verwerf as deel van die ADA Dramagroep. Bianca Els (links) en Paola Broekman (regs) het elkeen twee gouemedaljes verwerf in ritmiese gimnastiek as deel van Gymagic Rhythmic Gymnastics. Hulle het gekwalifiseer om Suid-Afrika by die wêreldkampioenskappe in Los Angeles te verteenwoordig.
  AUTHOR
Kempton Express

Latest News

Top
Recommended Story x
Jeugie-onnie kry SA kleure