HA!Man bring sy unieke musiek na die stad

DIE internasionaal bekende HA!Man, of te wel Francois le Roux, is op 31 Mei by La Chateau.

DIE internasionaal bekende HA!Man, of te wel Francois le Roux, een van Suid-Afrika se beste uitvoerprodukte, is binnekort terug in Suid-Afrika en hy tree op 31 Mei, om 7nm, by Le Chateau Gastehuis en Konferensiesentrum, in Terenure, op.

HA!Man is ‘n tjellis en veelvuldige kunstenaar wat jaarliks sy eie formaat van klassieke, spontane musiek maak op reise rondom die wêreld. Hy improviseer met elektroniese musiekinstrumente, sy tjello en keybord, sang, dans en fluit om musikale grense oor te steek.

Hierdie reis het hom laat groei tot ‘n internasionaal bekende in die afgelope twee dekades. Deur middel van optredes en werkswinkels wys hy dat spontane kreatiwiteit saam kan werk in die musikale verskeidenheid. Daarom die naam HA! in HA!Man.

Sy musiek wil nie noodwendig rasioneel gedefinieer word nie, maar maak ‘n stukkie energie los diep daar binne wat selfs as genesend ervaar kan word. Hierdie musiek bou gemeenskappe op ‘n heel nuwe vlak.

Kaartjies kos R150 elk en sluit in sjerrie, sop en tuisgebakte brood. Kaartjies is beskikbaar by 011 393 4949.

  AUTHOR
Kempton Express

Latest News

Top
Next Story x
OR Tambo International Airport reaction team nabs four suspects