Kempies se Wouter spog met 10 onderskeidings

KEMPIE-TWEELING Celia en Louisa Stramrood vier hul matriekuitslae saam met Cohann Smith.

VAN Hoërskool Kemptonpark se matrikulante het gisteroggend met groot opgewondenheid hul matriekuitslae gaan afhaal.

235 Kempie-matrikulante het laasjaar die eksamen geskryf. Die skool se slaagsyfer was 99% met 69.8% wat universiteitsvrystelling gekry het.

Sien nog foto’s hier

Onder die Kempies se toppresteerders is Wouter Nel met 10 onderskeidings, Chante de Bruyn met nege, Francois Erasmus met ag en Deanda van Zyl, Chani Steyn, Brigitte Snyman, Dane Broodryk en Rochelle van Dyk met sewe onderskeidings elk.

Express wag nog vir die volledige uitslae van die skool.

Latest News

Top
Recommended Story x
Kempies se o-15A skaakspan wen liga